Vir die wat aanhoudend vra, hier is dit nou! Nooit gedink ek sal myself op die web publish nie, maar die foto's raak te veel!
Meeste van die foto's is in Desember geneem.
Met my seer mond het Carla vir 'n paar kere by ouma gebly. Sy't klaar gebad en dan word sy op die "speed queen" getel om aangetrek te word.
Carla maak die pakkies van ouma Joan en Tannie Rusan oop. Sy's mal oor haar boekies en die t-hemp van Rusan af was heel gepas vir Kersfees!
Ons was Kersfees by San-Daleen-hulle. San en ek het Kersaand 'n show vir die mans, kinders en my ma gehou! Amper iets soos Skouspel, maar net meer skouspelagtig! Dis die dat my ma se mond so oophang en Hann-Roux het San gevra om asb op te hou, ons sing vals! Dit was vet pret. My ma het 'n CD met allerande ou Afr liedjies daarop daar aangebring. San en ek kon nie die geleentheid laat verbygaan om Sannie sĂȘ, Gee haar 'n roos, Was ek maar 'n digter, Transkaroo etc. te sing nie! Ons het vreeslik gelag en gekuier. Later die aand toe die kinders gaan slaap het, het ons die projektor opgestel en familie-skyfies gekyk! Gedurende die dag was dit onuithoudbaar warm en ons was heeltyd in die swembad. Die merk op Carla se neus is die gespringery op die trampolien. Vrek, ons het gesukkel om haar daar af te kry!
Dan is daar die foto's van die Kaapse vakansie wat Franc op 5fm gewen het. Ons het in die Table Bay Hotel gebly. Die prys het 'n sjampanje vaart op 'n seiljag, 'n besoek aan die Oceanarium, massages etc ingesluit. Ons het Franc se ouers gaan verras. Ek het met die kamera reggestaan toe sy die deur oopmaak ... sy was heeltemal uit die veld geslaan! Ons het baie lekker gekuier.
Dan het ons Robbeneiland besoek. En weer terug JHB toe.
Hoop julle geniet die kiekies!
Mal C
Wednesday, January 31, 2007
Subscribe to:
Posts (Atom)